Wie is Clive Derby-Lewis?

Die 72-jarige mnr Clive Derby-Lewis is `n voormalige parlementslid vir die destydse Konserwatiewe Party (KP) waarvan hy ook `n stigterslid is.  In 1993 is hy saam met die Poolse immigrant, Janusz Walus in hegtenis geneem vir die moord op SAKP-leier, Chris Hani. `n Geruime tyd gelede is hy vir parool oorweeg maar die proses word elke keer vertraag. Alhoewel die SAKP en ander linkse organisasies heelwat kritiek uitgespreek het teen die moontlikheid dat mnr Derby-Lewis parool kan kry is die wyer publiek se mening dat hy vrygelaat moet word. Tydens `n onlangse meningspeiling op die webblad van die engelse nuusgroep ‘Independent Online’ het ongeveer 55% van die deelnemers gesê Clive moet vrygelaat word. Verder het die Afrikaanse dagblad ‘Beeld’ onlangs `n opiniestuk geskryf wat sê het dat sy behandeling onafhanklik moet staan van politieke uitsprake deur onder meer die SAKP en hul jeugvleuel. Radio Pretoria het ook sy onbillike behandeling in `n nuuskommentaar gekritiseer. Hy dien immers al `n vonnis van meer as 15 jaar uit vir wat ongetwyfeld `n politieke daad was. Die behandeling wat hy ontvang is onregverdig en word duidelik deur politieke uitsprake beinvloed.

There are no comments on this post.

Lewer kommentaar